{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}} {{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

AMBA: 3-been aluminium skietstokke Die SAJWV spesifikasie beperk die maksimum gewig tot 2.4kg vir hierdie tipe 3-been skiet stok. Dit mag slegs 1 skiet haak hê. Ons MAMBA skiet stok weeg kompleet 2.2kg en het net 1 haak. Om raak en akkuraat te kan skiet, is ? gemaklike en stewige skietposie, uiters belangrik. ? Die kop beheer die hoek waarteen die bene oopmaak. Hierdie hoek is geskik om die geweer op 2 steunpunte te ondersteun in alle skiet posisies; ? Die kop hou ook die bene stewig in posisie sodat dit nie uitvou na die skoot en die stokke dan omval nie; ? Deur die “nyloc” moertjies stywer te draai, word die stramheid van die invou van die bene beheer sodat die bene ook nie binnetoe inval nie; ? Vir demping, het die haak het ? rubber “pad” met mat bo-oor; ? Een been is met mat bedek sodat dit gebruik kan word vir ? 2de steunpunt; ? Die stokke is van aluminium, is teleskopies en die bene knip in posisie met tentpaal knoppie tipe knippe; ? Die stokke word in die lae posisie gehou vir die lê, sit en kniel posisies. Totale hoogte laag = 1.2m; ? Die bene word slegs verleng vir die staan posisie. In die staan posisie kan die geweer weereens op beide die haak en ? 2de poot te ondersteun word. Totale maksimum hoogte = 2.1m; ? Die kop het ? mat bo-op. Indien u daaroor wil skiet, kan u 6.2mm gaatjies boor op die geskikte afstand vir u eie lengte; ? Die haak kan tussen bene verskuif word om toe te laat vir beide links en regshandige gebruik; ? Die haak se klampskroef draai teen ? plaatjie vas en beskadig daarom nie die been daar waar dit vasklamp nie; ? Verwyder die binneste verlenging indien u die stokke slegs wil gebruik vir lê, sit en kniel. Die stokke weeg dan slegs 1.4kg, wat dit uiters geskik maak om daarmee te jag; ? As addisionele afwerking, teen ekstra koste kan die stokke anodiseer word. Sien foto’s van swart, goue natuurlike kleur; ? Die stokke kan natuurlik ook met kamoefleer band geplak word;